ONS DIENSTE

OPNAMES

Verskeie faktore beïnvloed die gehalte van klank. Al is dit slegs vir die musiekkenner waarneembaar, bepaal die ontwerp en grote van die opnamelokaal die natuurlike “ambiance” wat akoestiese opnames positief beïnvloed. Die goed ontwikkelde oor en wye, teoretiese kennis van ’n klankingenieur en die nuutste moderne toerusting beskikbaar, dra ook by tot ‘n goeie opname .

MENG & MEESTER

Dis belangerik om die balans tussen verskillende instrumente en stemme te verkry sodat elkeen gehoor word en die een nie die ander oordonder nie. Hiervoor is die lokaal net so belangrik om behoorlik te kan "hoor". Die korrekte moderne toerusting is dan ook baie belangerik en veral die vermoë om hierdie toerusting behoorlik te kan gebruik.

PRODUKSIES

Studiowerk is nie so maklik nie. Dis moeilik om 'n puik produk te produseer. Dis hoekom SMP streef om altyd die beste diens te lewer en kwaliteit produkte te skep vir al ons kliënte. Vir die musiekkenners in die industrie is daar min studios in die land wat aan hierdie vereistes voldoen.

UITREIKINGS

SMP sorg vir die ontwerp en bewoording van die omslag (inleg-kaart), vervaardiging en verspreiding van CD’s na winkels en iTunes. SMP is ook ‘n “uitgewer” soos beskryf in die wet op kopiereg en in ooreenstemming met die reëls van die Suid-Afrikaanse Musiek Regte Organisasie (SAMRO) en versorg ook die behoorlike toepassing van tantieme aan die regmatige skrywers van materiaal.

ONS KUNSTENAARS


Broers

Trio sanggroep

Karin Ferreira

Solo sangeres

Louis Loock

Solo sanger

Nic Stevens

Solo sanger & musikant

Christo & Cobus

Duet groep

Izak Davel

Solo sanger

Die Wildberries

Duet groep

Pieter Smith

Solo sanger

Thys die Bosveldklong

Solo-sanger &
vermaaklikheidspersoonlikheid

Wicus van der Merwe

Solo-sanger & vermaaklikheidspersoonlikheid

Viljoen Retief

Solo-sanger

Jovan & Thelma

Sangpaar

TOEKENNINGS


Trein Na Margate

Christo & Cobus se album 'Trein Na Margate' het Goue status bereik.

Jonk Bly

Die album van Nic Stevens "Jonk Bly" het Goue status bereik.

Broers

Die Broers se album "Broers" bereik Goue status enkele maande na bekendstelling.

Broers tussen die sterre

Die Broers se DVD "Broers tussen die sterre" ontvang Goue status.